https://www.smashwords.com/books/view/494778
Nico
is eerste in die donker hoekie van die donker restaurantjie waar hy sy broer en
die Zambiër moet ontmoet. Hy bestel ‘n
ligte bier en wag. Thomas en die Zambiër
kom twee minute uit mekaar in en maak hulle tuis, plaas hul bestellings en wag
dat die kelner buite hoorafstand uit beweeg.
“Vriende,
hierdie trippie was baie suksesvol.
Twaalf duisend Dollars. En nie
Zambiese dollars nie.”
“Van
selfsprekend,” glimlag Thomas. “As dit
so aanhou, sal jy regtig ‘n weeshuis op die been kan bring.”
“Jy
reken. Dan sal ons mos ‘n verskoning hê
om elke week fondsinsamelings te hou, pleks van maandeliks.”
“Was
onse Anton Joubert toe een van die gulhartige skenkers?” Dis vir Nico belangrik om te weet waar hy met
sy eie kerk se lidmate staan.
“Nee,
snaaks genoeg nie. En hy was heeltemal
te nuuskierig. Sy vroutjie het allerhande
lastige vrae gevra namens haar man. Gesê
Joubert wil meer weet oor die organisasie , hoe, en deur wie dit bedryf word,
voor hy sal besluit of hy kan bydra of nie.”
Nico se nekhare rys onwillekeurig, maar hy glimlag net en sê: “Toe maar.
Dis ouky. Laat dit maar net daar
en vergeet van hom. As hy suinig wil
wees is dit sy saak. Miskien maak sy ou
boekwinkeltjie tog nie so baie as wat ons gedink het nie. Die nuwe ‘mansion’ het seker sy laaste pennies
opgeslurp.”
“Natuurlik,”
voeg Thomas by, “die ‘arme weeskindertjies’ sal maar sonder sy bydraes moet
regkom.” Al drie manne lag gedemp, lig
hul glasies omhoog om nog ‘n suksesvolle verneuksessie te vier.
**********
As a bonus, here is another small piece from the book:
Die
program is opgestel en gedruk. Die dekor
is reggepak. Alles is in plek en almal
is gereed. Die groot aand het
aangebreek. Dit is stil in die saal
wanneer die ligte verdof en die gordyn ooptrek vir die eerste toneel. Die areafees het begin.
1
VERGELDING. Die agtergrondverhaal waarop die verhoogstuk gebasseer is.
Gerhard
beur deur die gedrang van mense. Gewoonlik
kies hy 'n sitplek ver na agter, maar die ouditorium is vroeg al vol sodat hy
die plek in die derde ry, waarheen die aanwyser hom stuur, noodgedwonge moet
neem. Hy is nie baie lus vir die
besigheid nie, maar iets het hom gedring om te kom. Iets behalwe sy belofte aan sy
huiskerkleidster, Darla. 'n Halfuur
later word die gasspreker bekend gestel. Dit kan nie wees nie, dink Gerhard. Dit kan nie dieselfde Jim Naidoo wees nie,
maak hy homself wys. Daar is seker baie Jim
Naidoo’s in die wêreld. Iets omtrent die
man lyk bekend. Die stem ... nee ... nee!
Dit kan nie wees nie! Hy wil opspring en uitstorm, maar kan nie
beweeg nie. Haat hou hom vas op sy
sitplek. Dit is hy, of is dit nie? Iets omtrent hom is anders. Dis hy, maar dis nie dieselfde mens wat hy ses
jaar gelede gesien het nie. Hy hoor nie
wat die man sê nie; sy gedagtes skiet die verlede in.
Die
man se oë lyk wild van vrees. Die
genoegdoening wat Gerhard daaruit put, maak hom meer vasbeslote om voort te
gaan. Dis wat hy wil hê: Die man moet vrees, hy moet angs beleef. Die dood is ver te goed vir hom. Hy moet ly soos Irma gely het. Nadat die man geëet het, neem hy die kosbakkie
by hom en laat hom weer lê. Dis tyd vir
die inspuiting.
No comments:
Post a Comment